Sunday, November 2, 2025

Parke, tuine en markte

 

‘n Uitstaande eienskap van Parys is die merkwaardige parke, tuine en opelug-markte. Dit is nou bo-en-behalwe die werklik groot woude, soos Bois Vincennes en Bois de Boulogne, wat reeds genoem is.

Place des Vosges — Wikipédia    

 




Place des Vogses is binne stapafstand van ons blyplek, en skep ‘n lekker atmosfeer vir ‘n laat ontbythappie. Verder is die area omring deur kleiner, maar deftige kunsgallerye – beslis die moeite werd om onderdak op reënerige dae te besoek.



  

Die Tuileries Tuin sorg vir deurgang na die Musee de l' orangerie en op pad kan die herfsomgewing waargeneem en ingeasem word. Tuileries Garden - Wikipedia

  

Die Luxembourg Tuin skep geleentheid vir aktiwiteite en ontspanning. ‘n Heerlike tydverdryf vir kinders (en ouers) is die stokstuur van ‘n bootjie op die groot dam in die middel van die tuin. Kleiner speelparke asook tennisbane word in dié area aangetref.



Jardin du Luxembourg | Jardin du Luxembourg


Dit tref in watter mate die plantegroei aangepas is om die naderende winter te trotseer – heelwat blommeprag is steeds teenwoordig.









En dan, onverwags, 'n tuin wat teen die bekende agtergrond 'n berfaamde digter en toneelskrywer oproep.

 Federico Garcia Lorca | Biography, Poems, Death, & Facts | Britannica



Nie 'n park groot nie, maar groots in terme van die oproep van die Spaanse literatuur.



Ballad of the Spanish Civil Guard

Black are the horses,
the horseshoes are black.
Glistening on their capes
are stains of ink and of wax.
Their skulls—and this is why
they do not cry—are cast in lead.
They ride the roads
with souls of patent leather.



Wie dan groter as dié staatsman?  In die park geleë aan Les Halles.

Les Halles - Wikipedia 








Marché Bastille (The Best Food Market in Paris) | Baker Street Society









Bastillemark is ‘n treffer vir diegene wat varsprodukte van enige aard asook verwerkte voedsel en allerlei huisware wil uitsnuffel. Nie noodwendig goedkoper as in die supermarkte nie, maar beslis vars – en soms skynbaar onlangs afgeslagte produkte!




So-ook lewer die President Wilson-mark ewe interessante huisware en -produkte op. ‘n Uitstappie op ‘n reëndag werd. 

Paris Open Air Market President Wilson Market, Paris Rentals, Paris Sightseeing Ideas

Selfs net die staptog deur bogenoemde areas lewer pragtige selfoonherinneringe – te veel om reg te laat geskied in hierdie inskrywing. Maar beslis onthouwaarde vir later jare se stoepsit!


En dan na een van die grootste vlooi(algehele eufemisme!)markte in Europa - asook dié grootste antieke ware-mark in Europa : Les Puces de Saint-Ouen.

'n Belewenis van soms keurig uitgestalde ware vermeng en aangevul met bekende alles-en-nog-wat stalletjies.













The Flea markets of Paris Saint-Ouen - Practical information - Map - History



No comments:

Post a Comment