Synde die
toegang tot Cité internationale des arts deur die bemiddeling van
een of ander kunsbelangstelling en/of -aksie is, doen ons selektief aan by
kunsgallerye en -museums. Die kuns in verskeie van die
kleiner gallerye, wat terloops ontdek word, is regtig uitsonderlik. Die groter
uitstallings lewer natuurlik werke van internasionaal bekende kunstenaars en
groot tydelike uitstallings word dikwels in toegewysde lokale in die bekende
ruimtes aangetref.
| Besoekpunte |
Ander
bekende en beduidende werke in die kunswêreld word ook uitgestal.
‘n Spesiale
uitstalruimte word vir die kunstenaar-kurator Berthe Weil gereserveer:
Dié, dikwels omstrede kustenaar-kurator, het die deure en geleenthede vir ‘n verskeidenheid kunstenaars oopgemaak. En ook dit was dikwels in omstredenheid gehul.
Foundation Louis Vuitton (Fondation Louis Vuitton) word in die Bois de Boulogne aangetref in die Jardin d’ acclimatation Jardin d'acclimatation (Paris) — Wikipédia
Hierdie uitsonderlike gebou (indien ‘n mens so ‘n prestasie as net ‘n gebou kan oproep) huisves by hierdie geleentheid die spesiale uitstalling van Gerhard Richter. Baie groot en diverse werke kan in die aaneenlopende sale besigtig word.
Bourdelle Museum is van die kleiner studio-ateljees wat besoek word, maar die werke is allermins klein! Die uitermate skaal waarop dié kunstenaar gewerk het, verstom ‘n mens. Dit is ook een van die museum-gallerye met die beste uitleg en oriëntasie vir die besoeker, myns insiens.
Antoine Bourdelle se treffende werke, asook die vindingryke manier waarop sy werkswyse aan die besoeker bekendgestel word, maak die besoek ‘n interaktiewe en kreatiewe belewenis.
Musée de la
Mode Palais
Galliera, musée de la Mode de la ville de Paris — Wikipédia
In die
pragtige Palais Galiera is tans ‘n toegewysde uitstalling van die ontwerper
Rick Owens te besigtig. Hy verklaar: “The clothes I make are my autobiography.
They are the calm elegance I want to get to and the damage I’ve done on the
way. They are an expression of tenderness and raging ego. They are an
adolescent idealization and it’s inevitable defeat.”
Rick
Owens, Temple of Love | Galliera
Alhoewel ek
en Karien nie juis ‘n besondere aanklank met hierdie uitstalling ondervind het
nie, is die besoekersboek gevul met bewonderende en aanprysende aanhalings.
Musée d'Art Moderne de Paris |
|
|
|
|
|
|



No comments:
Post a Comment