Wednesday, November 26, 2025

Laaste dae en ure




Ons besoek Daniel, by wie ek die fiets vir die afgelope weke geleen het, in sy woonstel in Montmartre. Dis 'n klein, maar gerieflike blyplek met 'n pragtige uitsig oor die Eiffeltoring. Daniel berei 'n heerlike ete voor, waarna ons groet en in die koue aandweer Metro Abesses soek om huiswaarts te keer.







Die voorlaaste oggend word daar pannekoek gebak, wat ons nuttig  aan Pont Marie, regoor la Cité internationale des Arts, ons blyplek.




La Cité vier vanjaar hul 60ste bestaan; ons vier dit saam en huldig dié besondere geleentheid.

 

 


 




Nog 'n beduidende 60 is op 8 Mei 2025 gevier - dus 'n gepaste foto:

En dankie ook aan Karien, die redakteur van die blog, vir die oorsig en nasorg!





So van herdenking gepraat, sluit ek af met 'n vierde gedig oor die Notre Dame de Paris.

Notre Dame de Paris #4


jy hurk steeds onder ‘n hyskraan
soos wat dit priesterlik betaam
steierwerk omraam jou lyf,
kabels span en vleg styf
oral oor halfklaar steenwerk -
van agter lyk jy erg ingeperk,
maar deur jou ingang stroom
nuuskieriges en eerbiediges
om hul lofprysing aan te toon:
troos te vind in dié herrysenis

© Gerhard Barkhuizen, 2025

 


 




Tuesday, November 25, 2025

Montmartre en sneeu

Montmartre word herbesoek in yskoue weer. Parys ervaar 'n effe verrassende koue front, met die waarskuwing/dreigement van sneeu later die dag. Dié kunstenaarsomgewing lewe egter met 'n kreatiewe gloed. Besoekers word skynbaar nie deur die koue weer afgeskrik nie, sou 'n mens ag slaan op die samedromming in en om hoogtepunte wat om elke hoek en draai wag.

'n Besoek aan Gallerie Montmartre lewer puik unieke werke op. Die kunstenaar Giorgio Tentolini se gestroopte ogiesdraadskeppings is van die uitstaande gehalte.

 


 


 Giorgio Tentolini - Hand Cut Wires | Montmartre Gallery 

 


 


 





Nina Giangreco Discography: Vinyl, CDs, & More | Discogs

Ons maak kennis met Nina Giangreco, 'n straatsangeres (nie straatvrou nie, beklemtoon sy glimlaggend!).

 


 




Teen die aand daal die temperatuur skerp. Aangesien sneeuval nie so algemeen in Parys voorkom nie, waak baie inwoners en besoekers teen die vensters in afwagting vir 'n skouspel. Dit gebeur, maar eers na middernag. Die foto's en videos weerspieel die toeskouers se kinderlike entoesiasme.



 




 


 Afgesmelte sneeumannetjies word teen die oggend nog hurkend op 'n tuintafel aangetref.

 


 



Na die koue naweek, keer matige weer terug en onderneem ek 'n laaste 45km fietsrit na en in Bois Vincennes. Ietwat nostalgies, want na alle waarskynlikheid sal ek nie weer die geleentheid hê om dié gebied met 'n fiets te verken nie. Herfsweer keer tydelik weer terug, met selfs 'n flou sonnetjie.

 


 





Collage

 

Na alle waarskynlikheid sal hierdie ons laaste besoek aan Parys vir so ‘n lang periode (twee maande) wees. Om die plakboek-herinneringe van sekere tonele vas te lê, word hierdie inskrywing as ‘n collage van foto’s aangebied. Dit vat  hoegenaamd nie my en Karien se volledige beweging gedurende die tydperk vas nie, maar gee ‘n beeldende oorsig van waar ons rondgelê, -gesit en -gestaan het.

 


 

Neffens die Seine, regoor Notre Dame aan Jardin Lorca, so 150m vanaf ons standplaas
     


 

Eerste blik op die Toring

 

Viaduc des Arts 

 

Viaduc des Arts

 

McDonald's roomys: Paris Gambetta

 

Chateau Fontainebleau se tuin

 

Fontainebleau: parkie-ete

 

Donker hoekie naas Chateau Fontainebleau 


Soos afgelei kan word, was die weer tegemoetkomend, wisselend van koelerig tot koud, maar nooit onhanteerbaar en beperkend nie.

Die samestelling is nie in kronologiese volgorde nie; derhalwe kan die wisselende weerstoestande nie daaruit afgelei word nie.

 

Middagete aan Chevreuse se kanaal

 

Chevreuse-versnapering

 

Herfs in Rambouillet

 

La Pomme d'Eve: Bokke teen Japan

 

Stade de France: Bokke teen Frankryk

 

Duur bier in Stade de France

 

Ons tuis-metro

 

Helder lig oor die Seine

 

Buttes Chaumont


 

Arc de Triomphe

 

Bastille

 

'n Koue aand teen die Eiffel

 

Koud in La Defense teen die Grande Arche 

 

Kersmark in La Defense

 

Verspotte venster-selfie, Gallery Vallois, Rue de Seine

 

Louvre (na die inbraak)

 

Aanskakeling van die kersligte: Champs-Elysées

 

Montmartre-crépe

.... en Montmartre-koue 



Hierdie is nie ons nie, slegs ‘n treffende elektroniese voorstelling deur ‘n maatskappy wat in brille en ander visuele hulpmiddels spesialiseer!






               Wel hier - windverstrooi by Sacre Coeur!