Wednesday, November 26, 2025

Laaste dae en ure




Ons besoek Daniel, by wie ek die fiets vir die afgelope weke geleen het, in sy woonstel in Montmartre. Dis 'n klein, maar gerieflike blyplek met 'n pragtige uitsig oor die Eiffeltoring. Daniel berei 'n heerlike ete voor, waarna ons groet en in die koue aandweer Metro Abesses soek om huiswaarts te keer.







Die voorlaaste oggend word daar pannekoek gebak, wat ons nuttig  aan Pont Marie, regoor la Cité internationale des Arts, ons blyplek.




La Cité vier vanjaar hul 60ste bestaan; ons vier dit saam en huldig dié besondere geleentheid.

 

 


 




Nog 'n beduidende 60 is op 8 Mei 2025 gevier - dus 'n gepaste foto:

En dankie ook aan Karien, die redakteur van die blog, vir die oorsig en nasorg!





So van herdenking gepraat, sluit ek af met 'n vierde gedig oor die Notre Dame de Paris.

Notre Dame de Paris #4


jy hurk steeds onder ‘n hyskraan
soos wat dit priesterlik betaam
steierwerk omraam jou lyf,
kabels span en vleg styf
oral oor halfklaar steenwerk -
van agter lyk jy erg ingeperk,
maar deur jou ingang stroom
nuuskieriges en eerbiediges
om hul lofprysing aan te toon:
troos te vind in dié herrysenis

© Gerhard Barkhuizen, 2025

 


 




No comments:

Post a Comment