Tuesday, November 25, 2025

Montmartre en sneeu

Montmartre word herbesoek in yskoue weer. Parys ervaar 'n effe verrassende koue front, met die waarskuwing/dreigement van sneeu later die dag. Dié kunstenaarsomgewing lewe egter met 'n kreatiewe gloed. Besoekers word skynbaar nie deur die koue weer afgeskrik nie, sou 'n mens ag slaan op die samedromming in en om hoogtepunte wat om elke hoek en draai wag.

'n Besoek aan Gallerie Montmartre lewer puik unieke werke op. Die kunstenaar Giorgio Tentolini se gestroopte ogiesdraadskeppings is van die uitstaande gehalte.

 


 


 Giorgio Tentolini - Hand Cut Wires | Montmartre Gallery 

 


 


 





Nina Giangreco Discography: Vinyl, CDs, & More | Discogs

Ons maak kennis met Nina Giangreco, 'n straatsangeres (nie straatvrou nie, beklemtoon sy glimlaggend!).

 


 




Teen die aand daal die temperatuur skerp. Aangesien sneeuval nie so algemeen in Parys voorkom nie, waak baie inwoners en besoekers teen die vensters in afwagting vir 'n skouspel. Dit gebeur, maar eers na middernag. Die foto's en videos weerspieel die toeskouers se kinderlike entoesiasme.



 




 


 Afgesmelte sneeumannetjies word teen die oggend nog hurkend op 'n tuintafel aangetref.

 


 



Na die koue naweek, keer matige weer terug en onderneem ek 'n laaste 45km fietsrit na en in Bois Vincennes. Ietwat nostalgies, want na alle waarskynlikheid sal ek nie weer die geleentheid hê om dié gebied met 'n fiets te verken nie. Herfsweer keer tydelik weer terug, met selfs 'n flou sonnetjie.

 


 





No comments:

Post a Comment