Sunday, October 26, 2025

Leefwyse

Daaglikse ywer

Heel dikwels word deur vriende en belangstellendes gevra wat ons verblyf in Parys behels. Dit is nou behalwe die naspeur van kulturele en kreatiewe gebeure asook die bywoon en besoeke aan kunsmuseums en gallerye. Ek doen so kortliks verslag van ons leefwyse en daaglikse handeling.


Die verblyf is in die Cité internationale des arts in 18 rue de l' Hotel de Ville in die Maraisdistrik (4e arrondissement). Dit is reg langs die Seinerivier en baie sentraal – sowat 800m van die Notre Dame de Paris. Die Studio-woonstel waarin ons tuisgaan, behoort aan China en is deur die Cité administrasie aan ons toegeken. Dit beslaan so 40m2 en bestaan uit ‘n ruim ingangsportaal wat ‘n stoor/klerekas, ‘n wasgoeddroograk en die fiets huisves. Die leef-/werk-/slaapvertrek het 2 werkstafels, 2 gemakstoele en ‘n gefabriseerde (uit twee enkelbeddens) dubbelbed. Die vertrek kyk uit op ‘n kleinerige vierkant.

Die kombuis/eetvertrek het ‘n tafel, 2 stoele en die nodigste kombuisgereedskap. ‘n Induksie glasbladstoof en ‘n ketel sorg vir die gepaste opkookgeleentheid.Die badkamer beskik ook oor die nodigste en bygesê toegerus met ‘n heerlike stort met warm water.

Soos afgelei kan word, is die eenheid redelik Spartaans toegerus, maar vir ervare kampeerders is dit ‘n baie luukse woonplek!

Die daaglikse roetine word afgewissel deur wat in die omgewing geadverteer word (l’officiel spectacles bied ‘n weeklikse program wat verskeie aktiwiteite in Parys bekendstel). Verder stel Karien ‘n kompakte maandprogram op wat afwisselende bedrywighede insluit. Natuurlik speel die weer en onvoorsiene gebeure ‘n rol, wat veroorsaak dat die program aangepas en ook uitgebrei word. Die program maak in breë trekke voorsiening vir:

- Daguitstappies na aanliggende dorpies/voorstede van Parys.   Heelwat interessante dorpies word geadverteer vir hul natuurskoon, middeleeuse herkoms of kulturele en kunstenaarsagtergrond. 

- Die verkenning van die kerngedeelte van Parys se bekende en minder bekende areas. Dit sluit nou die museums, galerye, katedrale, markte, parke, kunswinkels ens. in. Ons maak ruim gebruik van die  Cité kaart, wat toegang verleen aan verskeie besienswaardighed en ook afslag bewillig by uitgesoekte handelaars.

Cité kaart en Navigo pas

    Impromptu rondreis in die stad met die Metro, Busdiens en Trems (daarvoor, asook vir besoeke aan naburige gemeenskappe word die uiters waardevolle Navigo-maandpas gebruik).


Fietsry en voetslaan is sinoniem aan  die leefwyse wat ons in Parys ervaar. Die daaglikse gemiddelde stapafstand gedurende die vorige besoeke was soat 8,5 km gemiddeld per dag oor ‘n tydperk van 2 maande. Hierdie tendens sal waarskynlik weer gehandhaaf word tydens die huidige besoek.



- Vir effe strawwer en meer gerigte oefening wyk ons uit na die 2 groot woude aan die buitewyke van Parys: Bois de Vincennes en Bois du Boulogne. Hierdie boom-bosryke areas beslaan etlike hektaar en ‘n mens kan veilig na hartelus die bospaadjies verken. Karien te voet en ek op ‘n fiets.

- Tuis het ek ‘n aantal gelamineerde kaartjies geskep met aan die een kant ‘n afdruk van president Nelson Mandela se gesig en aan die ander kant ‘n afdruk van die Suid-Afrikaanse vlag. Hierdie aandenkings word dan uitgedeel aan weldoeners (en veral rigtingaanduiders!). Sonder uitsondering helder die ontvanger se gesig op en dikwels lei dit tot ‘n positiewe gesprek oor ons tuisland.

Wat eet en drink ons? Van Suid-Afrika het ons ‘n plunjer vir koffie saamgebring (met ‘n houer koffie, om mee te begin) asook van vriendin Marina se uitsonderlike beskuit (hier te lande is beskuit nou nie ‘n algemene item nie!). Verder het Karien ‘n apparaat ingepak om groente en dies meer te verpulp tot sop – heerlik in die kouer weer.

Ons bak pannekoek in die eendeweer en ‘n gebruiklike pot (min vleis en baie pasta/groente) word aanmekaargeslaan.

Natuurlik is die oorbekende baguette daaglikse stapelvoedsel, met ‘n heerlike soutbotter: beurre sel-de-mer.

Die gewone bestanddele vir peusel en etes is natuurlik beskikbaar: joghurt, vrugte, muesli, kaas, koue vleis, eiers, blikkieskos, maalvleis, speserye en dies meer.

Sekerlik moet ons die knie buig na die onderste rakke om ‘n bekostigbare wyn op te spoor. Vanuit ons vorige ondervinding het ons nou-al gestandaardiseer op Roche Mazet se Cabernet Sauvignon. Ook deesdae in 3l-houers beskikbaar – en ‘n gangbare ekonomiese opsie vir ons.

Nou ja, dis opdien en -skeptyd; ek verlaat die stoel om aandag aan bostaande te gee.  

  

                                                                             

    




Saturday, October 25, 2025

Victor Hugo

 

Ons besoek Maisons Victor Hugo |Paris




en waardeer opnuut die werke van die merkwaardige skrywer. Die huismuseum is geleë in die een hoek van die Place de Vogses, ‘n park omring met kunsgalerye. 
Place des Vosges — Wikipédia


The library on the 3rd floor of the museum houses a Reading Room and Documentation Centre. Its books, manuscripts and archives make the Maison de Victor Hugo a reference centre for anyone wishing to study or find out more about Victor Hugo, his work and his family.
The library is open to students, researchers, and the general public. Its collections of manuscripts, letters, archives and books are also available online on the museum’s website.


Victor Hugo was a prolific poet known for his emotional intensity and exploration of themes such as love, loss, and the human condition. His poetry includes notable works like "La Fin de Satan" and "Dieu", showcasing his mastery of various poetic forms. Some of his most famous poems include "Demain, dès l’aube", "Sensation", and "Oceano Nox", which reflect his lyrical beauty and depth. For a comprehensive collection of his poems, you can explore "Poems" by Victor Hugo available on Project Gutenberg. His work remains influential, characterized by its epic scope and emotional resonance. 

Tomorrow at Dawn

Tomorrow, at dawn, when the countryside brightens,
I will depart. 
You see, I know that you wait for me.
I will go through the wood, I will go past the mountains.
I cannot remain far from you any longer. 
I will walk, eyes set upon my thoughts,
Seeing nothing around me and hearing no sound,
Alone, unknown, back bent, hands crossed,
Sorrowful, and for me, day will be as night.
I will not watch the evening gold fall,
Nor the distant sails going down to Harfleur,
And, when I arrive, I will put on your grave
A bouquet of green holly and heather in bloom.

                                                                       dokumentêr:                   
                                                https://youtu.be/ZCymRNBDegg



Victor Hugo (born February 26, 1802, Besançon, France — died May 22, 1885, Paris) was a poet, novelist, and dramatist who was the most important of the French Romantic writers. Though regarded in France as one of that country’s greatest poets, he is better known abroad for such novels as Notre-Dame de Paris (1831; The Hunchback of Notre-Dame) and Les Misérables (1862).


 

 

 

 

Victor Hugo, primarily known as a literary giant, was also a talented visual artist whose drawings and sketches        reflect his imaginative and romantic sensibilities.

Maison Victor Hugo gee ‘n blik op dié veelsydige kunstenaar se lewe, en vertoon sy uitgebreide kunsversameling.



 

Die uitsig vanuit Maison oor die Place des Vogses vanaf die studeerkamer

 


   


Skildery van Victor Hugo op sy sterfbed...

en agies regs.



Op ‘n reënerige dag was dié uitstappie beslis die moeite werd. En afgerond/aangevul met ‘n vars baguette en koffie in die woonstel!

Monday, October 20, 2025

Musiek in Kerke en Katedrale

 

Kerke en katedrale

Uit Spectacles et Sorties à Paris • L'Officiel des spectacles kies ons vir Saterdag en Sondag twee musiekuitvoerings.

Saterdag

Ons woon Eglise réformee de Port-Royal se geleentheid by.  Dit is ‘n kleiner en effe meer moderne kerk as van die ander wat ons al besigtig het. Die akoestiek is egter uitmuntend en die uitvoering deur ‘n entoesiastiese en bedrewe orkes word puik gelewer.

 Die Ensamble Escapades bestaan uit ‘n tiental kreatiewe lede.


Die program word lewendig uitgevoer en die musici wissel van een instrument na ‘n ander. Ook die solo-sangitems is besonder treffend – al verstaan ons geen enkele word nie!

Die groep reageer gunstig op ‘n uitbundige geroep na encore – en lewer nog twee musieknommers ten slotte.

 


 


Sondag

Sondagmiddag vertrek ons vroeg om betyds te wees vir die uitvoering van Vivaldi se Vier Seisoene in Eglise Notre Dame du Liban.  Ook maar goed, want die groot kerk is stampvol.

Orcestre Symphonique et Lyrique de Paris lewer ‘n besondere produk. Dit blyk dat ‘n paar Colombiaanse musici aangesluit het by dié Paryse groep. Vivaldi se Vier Seisoene word tans op verskeie plekke in die stad aangebied, maar hierdie een was ‘n gratis vertoning. ‘n Toegif, gesien die Rand-Euro wisselkoers!


Weer eens word ons nie teleurgestel nie, want die uitvoering word met passie gedoen – en met heelwat humor wat die konsertmeester-violis na vore bring. Alhoewel die kerkbankies hard is, lyk dit asof almal die uitvoering geniet. Aan die einde word daar spontaan en hartlik hande geklap. Van die dankbetuigings verstaan ons niks, maar knik meegevoer saam.

 

 



Die naweek word afgesluit deur 'n laatmiddagrit deur die stad met bus 84.


Sunday, October 19, 2025

Dorpies

 Die beplanning was om drie interessante dorpies/gemeenskappe met die trein (Navigopas!) te besoek. Ons ontspoor egter nadat ons op die roetekaart in die trein sien dat dieselfde lyn ons na Fontainebleau kan neem. Daarvandaan sou ons die dorpies kon deurwerk met die terugrit.

Tydens die staptog vanaf die stasie Avon Fontainebleau na die Fontainebleau-kasteel ontmoet ons egter 'n Franse dame van Parys (oorspronklik vanaf Brittany) wat tydelik in Fontainebleau vertoef.

Château de Fontainebleau Official Site Home Page

Sy raai ons af om Chartrettes, Bois-le-Roi en Melun te besoek en beveel aan dat ons langer in Fontainebleau deurbring. 

Sy vergesel ons deur die kasteeltuin na die kasteel en deel haar indrukke van die Franse leefwyse, van politiek tot haar beroepslewe as bibliotekaresse.

Die tuin is herfs-prentjiemooi, en die dag perfek vir 'n landelike wandeling.

 




Die kasteel lewer visuele hoogtepunte op wat moeilik beskryf kan word, en wat nie regtig op die selfoonkamera vasgelê kan word nie.
Die slentergang deur die kasteel duur sowat twee-en 'n halfuur - nogal uitmergelend as 'n mens jou in dié kulturele omgewing inleef.


Die skaal warop geleef, onthaal, geveg en politiese bedrywighede
 weergegee word, word in volkleur in die kolossale amfiteater-sale opgetower.

  

Ons sluit die besoek aan die kasteel af met 'n tuisgemaakte wegneem-toebroodjie en 'n bier in die park.

Dié dag se stap lewer 'n goeie 12km op, goeie energieverbruik totdat die volgende baguette wag!


Digters en denkers

 



Honoré de Balzac

Parys stimuleer - nie net al die sintuie nie, maar - en veral ook - die denke. Soveel voorbeelde van oorspronklike en wisselende denkstrome en kontroversiële argumente kan na die Franse geskiedenis en kultuur teruggevoer word. En dan word die verwoording daarvan streng onder die loep geneem, of nie? Hoe veg ons tog nie ons kruistogte met die skerp woord in die hand nie?



Ons besoek Maison de Balzac in die Passy-gebied in Parys. Alhoewel die huismuseum nie groot is nie, is dit omvattend in terme van Honoré de Balzac se lewe en oevre. As ‘n interessante en omstrede figuur, haal Balzac dikwels die nuus met betrekking tot sowel sy skrywersloopbaan as sy persoonlike lewe. “He fascinated his contemporaries with his rings, his gold-headed cane, his box at the Opéra. He lives with an insatiable gluttony, an appetite "of money, of women, of glory, of reputation, of titles, of wines, and of fruits”. Hy was besonder toegewyd en ywerig – met ‘n ongekende nougesetheid rondom sy werk. “To keep up with this pace, he has been consuming too much coffee
 for years, which he drinks "crushed in the Turkish style" in order to stimulate "his manufacture of ideas": "If you take it on an empty stomach, this coffee inflames the walls of the stomach, twists it, mistreats it”.



https://youtu.be/kBRmjADuQcE

Honoré de Balzac - Wikipedia

As he explains in his, foreword to La Comédie humaine his project was to identify the "social species" of his time, just as Buffon had identified zoological species. Having discovered through his readings of Walter Scott that the novel could aspire to a "philosophical value", he wanted to explore the different social classes and the individuals who make them up in order to "write the history forgotten by so many historians, that of morals" and to "compete with the civil registry".

He has a high opinion of the role of the writer and considers his task as a priesthood: "Today the writer has replaced the priest, he has put on the chlamys of the martyrs, he suffers a thousand evils, he takes the light from the altar and spreads it among the peoples. He is a prince, he is a beggar. He consoles, he curses, he prophesies. His voice does not only travel through the nave of a cathedral, it can sometimes thunder from one end of the world to the other".






 



La Comedia humaine



Die leser- en die skrywersverhouding 
 


 

Ontspoor

die digter en die denker
peil rigting met die woord
soms dui die kompas ware noord
soms ontspoor dit tot 'n slenter

Gerhard Barkhuizen © 2025



Wednesday, October 15, 2025

Cité - 60 jaar

 

Met die verwelkomingsfunksie word ons herinner daaraan dat die sestigste bestaansjaar van le Cité internationale des arts is vanjaar gevier word. Oor die dekades heen het 36000 kunstenaars hier tuisgegaan, met wisselende tydperke van residensie. Ook dat van hierdie total 16000 vroulike kunstenaars was, ‘n feit wat benadruk word.

Cité internationale des arts 

 






Verder val die vieringe saam met die herfsfees wat hierdie tyd van die jaar in Parys gebeurlik is. Tydens die verwelkoming is ook spesifieke melding gemaak daarvan dat Cité ‘n instelling is wat geen politieke, persoonlike waardesisteem, ideologiese of religieuse verbintenis het nie. Derhalwe is almal, en ook alle kunsvorme welkom. Geen verwysing word gemaak na kulturele erfenis, identiteit of eiesoortigheid nie.


Parys word dan ook gehuldig as ‘n stad wat toeganklik vir almal moet wees. ‘n Beleid van uiterste verdraagsaamheid word vooropgestel.




 


Monday, October 13, 2025

Tuin van Beelde

 

‘n Fietstoer deur die stad wat eindig in die buitelug-standbeeldarena lewer ‘n ongewone, maar interessante ervaring op.






Museum of Open-Air Sculpture - Paris

The Musée de la Sculpture en plein air: a free art walk in the heart of Paris - Sortiraparis.com

The museum is located on the Quai Saint-Bernard, between the Pont de Sully and the Pont d'Austerlitz. Here, you can stroll along the banks of the Seine, in a flower-filled, well-kept garden, to discover over thirty sculptures by renowned artists. Zadkine, Brancusi, Gilioli, Poncet, Pagès, Debré, Schöffer, Baldaccini... This museum brings together some masterpieces that are sure to catch your eye.























Werklik ‘n belewenis om van die groot meesters se werke sommer so beskikbaar in die openbaar te sien. Met ook hier en daar ‘n (effe banale) verrassing:

aan die wesoewer van die Seine waak

(deur seisoene en die weer onaangeraak)

‘n vyftigtal gevierde figure, monumentaal,

asook eenkant – ‘n grys veselglas urinaal