Dit is ‘n week na die wedstryd teen Japan en die Springbokke pak Le Bleu in Parys op Stade France in ‘n sogenaamde wraakwedstryd, om 21h00 Franse tyd. Stade France is geleë in die Saint Denis-gebied en verg ‘n redelike lang treinreis daarheen. Stade de France - Wikipedia
Ons kies die B-lyn wat ook die stad met die lughawe Charles de Gaulle verbind.
Van meet af aan is dit vol waens waar Afrikaans in die geroesmoes hoorbaar is.
Ook die bekende groen en goud is oral te bespeur; natuurlik is ons groepie van ses
ook herkenbaar Suid-Afrikaans uitgevat.
|
|
|
|
|
Franse vreemdeling-vriende |
Die
atmosfeer op die metrostasies is opruiend-elektries, en neem in intensiteit toe
soos wat ‘n mens nader aan Stade France kom. Indien enigiemand gereken het dat
die Suid-Afrikaanse publiek die alleenreg op patriotiese lawaai tydens
rugbywedstryde het – dink weer! Sowat van ‘n skouspel by ‘n sportgeleentheid
word nie orals aangetref nie.
Ons skree-sing
selfs soms saam Allez Les Bleus sonder om soos verraaiers te voel!
|
|
|
|
|
|
Ons sit omring deur Franse ondersteuners. Aanvanklik effens bekommerd dat die vurige omstanders afsydig of selfs vyandig sal optree, veral wanneer ons uitbundig ons Suid-Afrikaanse simbole uitstal. Maar nee, die groep rondom ons is luidrugtig en passievol, maar nooit afwysend en aggressief nie. Trouens, goeie spel word erken na beide kant toe. Ek word selfs ‘n bier aangebied deur ‘n welmenende Fransman!
|
|
'n vriendelike, vrygewige Fransman |
|
|
|
Terug met die B-lyn neem vinniger as wat ons gemeen het, ten spyte van die horde toeskouers wat na die stasies stroom. Die aand/nag kom eers tot rus lank na middernag, Franse tyd. Nog 'n tydlose herinnering vir eendag se stoepsit - as 'n mens dit net so helder kan onthou! Dié een sal sekerlik bo-aan die geheuelysie vasklou ...
No comments:
Post a Comment