Thursday, November 13, 2025

Laaste rus in Parys

 

Dit is nie aldag dat ‘n begraafplaas uitgelig word as ‘n besondere besienswaardigheid nie. Tog is twee van die grootste rusoorde in Parys die moeite werd om te besoek.







Père Lachaise Cemetery (French: Cimetière du Père-Lachaise, formerly Cimetière de l'Est, ('Cemetery of the East') is the largest cemetery in Paris, France, at 44 hectares or 110 acres. With more than 3.5 million visitors annually, it is the most visited necropolis in the world.

The Père Lachaise is located in the 20th arrondissement and was the first garden cemetery, as well as the first municipal cemetery in Paris. It is also the site of three World War I memorials. The cemetery is located on the Boulevard de Ménilmontant.

Père Lachaise Cemetery - Wikipedia

Bienvenue au cimetière du Père-Lachaise - Ville de Paris

Die helder prag van herfsblare, beide nog aan die bome asook op die grond skep ‘n skrille kontras met die somber grafstene en -geboue. Geboue, ja, want dit lyk asof sommige grafkelders opgerig is om nog vir etlike jare ‘n tuiste aan die inwoners te bied. Dit is opmerklik dat heelwat strukture voorsiening maak vir bedeesde tuistes van hele families.

 



 



 



 





Die krematorium in die begraafplaas was die eerste een in Frankryk, en daarnaas is ook ‘n columbarium opgerig as laaste rusplek van die veraste persone. Die krematorium was grootliks as ongewoon beskou tot die einde van die twintigste eeu.


Dit is duidelik dat nie slegs gewone individuele of familiebegrafnisgeleenthede hier gehuldig word nie. Etlike monumente en gedenkwaardighede word aangetref, wat wêreldoorloë, konsentrasiekampe, volksmoorde en rampe insluit. So is daar byvoorbeeld ook die interessante deursigtige gedenkplaat van glas wat die tragedie van die lugramp van 3 Januarie 2004 gedenk.

 

 




 

Memorial of the victims of the air disaster of Charm el , Paris Podcast - Loquis


Die groot begraafplaas in die Montmartre gebied word ook in die laatherfs besoek. Weer kontrasteer die opvallend kleurryke natuur – die naderende winter ten spyt.

Montmartre Cemetery - Wikipedia

In the mid-18th century, overcrowding in the cemeteries of Paris had created numerous problems, from impossibly high funeral costs to unsanitary living conditions in the surrounding neighbourhoods. In the 1780s, the Cimetière des Innocents was officially closed and citizens were banned from burying corpses within the city limits of Paris. During the early 19th century, new cemeteries were constructed outside the precincts of the capital: Montmartre in the north, Père Lachaise Cemetery in the east, Passy Cemetery in the west and Montparnasse Cemetery in the south.

 



 



 



 




The Montmartre Cemetery was opened on 1 January 1825. It was initially known as le Cimetière des Grandes Carrières (Cemetery of the Large Quarries). The name referenced the cemetery's unique location, in an abandoned gypsum quarry.

The Cemetery of Montmartre (French: Cimetière de Montmartre) is a cemetery in the 18th arrondissement of ParisFrance, that dates to the early 19th century. Officially known as the Cimetière du Nord, it is the third largest necropolis in Paris, after the Père Lachaise Cemetery and the Montparnasse Cemetery.

A popular tourist destination, Montmartre Cemetery is the final resting place of many famous artists who lived and worked in the Montmartre area.

 



 





Soos in die ander groot begraafplase is hier ook heelwat bekende en beroemde politici, akteurs, sangers en ander persone van openbare belang te ruste gelê.

So, waar wil ons ten laaste rus: onder 'n doringboom in die Karoo, langs die Nossobrivier in die Kgalagadi - of in 'n klein paleis in Parys?

Monday, November 10, 2025

Bokke en Les Bleus

 

Dit is ‘n week na die wedstryd teen Japan en die Springbokke pak Le Bleu in Parys op Stade France in ‘n sogenaamde wraakwedstryd, om 21h00 Franse tyd. Stade France is geleë in die Saint Denis-gebied en verg ‘n redelike lang treinreis daarheen. Stade de France - Wikipedia

Ons kies die B-lyn wat ook die stad met die lughawe Charles de Gaulle verbind. Van meet af aan is dit vol waens waar Afrikaans in die geroesmoes hoorbaar is. Ook die bekende groen en goud is oral te bespeur; natuurlik is ons groepie van ses ook herkenbaar Suid-Afrikaans uitgevat.

 



 



 



 


         Franse vreemdeling-vriende


Die atmosfeer op die metrostasies is opruiend-elektries, en neem in intensiteit toe soos wat ‘n mens nader aan Stade France kom. Indien enigiemand gereken het dat die Suid-Afrikaanse publiek die alleenreg op patriotiese lawaai tydens rugbywedstryde het – dink weer! Sowat van ‘n skouspel by ‘n sportgeleentheid word nie orals aangetref nie.

Ons skree-sing selfs soms saam Allez Les Bleus sonder om soos verraaiers te voel!


 



 



 



 



Ons sit omring deur Franse ondersteuners. Aanvanklik effens bekommerd dat die vurige omstanders afsydig of selfs vyandig sal optree, veral wanneer ons uitbundig ons Suid-Afrikaanse simbole uitstal. Maar nee, die groep rondom ons is luidrugtig en passievol, maar nooit afwysend en aggressief nie. Trouens, goeie spel word erken na beide kant toe. Ek word selfs ‘n bier aangebied deur ‘n welmenende Fransman!

 



 


       'n vriendelike, vrygewige Fransman

 



 



Terug met die B-lyn neem vinniger as wat ons gemeen het, ten spyte van die horde toeskouers wat na die stasies stroom. Die aand/nag kom eers tot rus lank na middernag, Franse tyd. Nog 'n tydlose herinnering vir eendag se stoepsit - as 'n mens dit net so helder kan onthou! Dié een sal sekerlik bo-aan die geheuelysie vasklou ...

Thursday, November 6, 2025

Uitstappies en uitstallings

 

Soms vat ons die pad, dwaal bietjie rond en beland in ‘n kleiner gallery wat besondere kunswerke uitstal. So ontdek ons Josepha Honfleur se beelde van geverfde en gepoleerde brons.  Die begaafde kunstenaar skep ook in kunshars wat delikaat versier word en dikwels aangevul word met fyn versiering van gepoleerde nikkel.

Josepha Sculptures 

A French sculptor who celebrates the modern woman with grace, lightness and imagination in her vibrant and seductive sculptures.

Born in 1950 in the Southwest of France. She lives and works in the Drôme countryside.

From her past as a stylist, Josepha has retained a compelling need to highlight the female form. She explores the full scope of this universe through her sculptures, where a particular atmosphere of grace and lightness reigns.

Her work contains the mystery and magic of creation. Her world lies between dream and reality, where imagination knows no bounds and all fantasies and freedoms are permitted, provided that refinement, elegance, and poetry remain.

 


 


 



 


 




https://www.pinaultcollection.com/fr/boursedecommerce

Die Pinault versameling word in die Bource de Commerce in die omgewing van Les Halles aangetref. Die uitgangspunt is minimalisme. Dié konsep word in ‘n merkwaardige ronde tempelagtige gebou in groot sale (salonne) aan besoekers bekendgestel. Die koepeldak skep ‘n indrukwekkende Michaelangelo-effek.

In die verskillende salonne van die gebou word werke van Robert Ryman, Rasheed Araeen, Charlotte Posenenske, On Kawara, Lygia Papa, Dan Flavin, Agnes Martin en andere ten toon gestel.

Die uitstalling val soms vreemd, maar altyd uitdagend op.

 



 



 



 




Die vloer en beligting word deeglik benut.

 




 




Exposition Générale — Fondation Cartier pour l’art contemporain

Die exposition Générale word in die Foundation Cartier aangetref. 

The Place du Palais-Royal and the Galerie Valois – an underground passage that once linked the the subway platform to the Grands Magasins du Louvre – host artistic projects that extend the relationship between Exposition Générale and the city.

Kontemporêre en eksperimentele werke van oor die wêreld heen kan hier besigtig word.

Die indrukwekkende gebouekompleks dateer uit ‘n vorige eeu en is gerestoureer/herskep in ‘n uitmuntende ruimte vir kunsuitstallings.

 



 



 



 



 


 






Sunday, November 2, 2025

Rugby en bier in La Pomme D’ eve

 

Op Saterdag 1 November durf die Springbokke die Japannese bloeisels aan in die Wembley-stadion in Londen. Ons verneem van ‘n eg-Suid-Afrikaanse pub (kroeg klink hier nie reg nie) naby die Pantheon in Parys. ‘n Treinrit en stewige stappie (met behulp van Osmand) bring ons tot ‘n toe deur in ‘n nou keisteenstraatjie. Die eienaar open eers oor ‘n halfuur – darem betyds vir die wedstryd! Hy belowe boereworsrolletjies en bier! 

La Pomme D'Eve – South African Pub – Bar Paris 75005 - Latin quarter

Op die sypaadjie ontmoet ons ‘n jong Suid-Afrikaanse paartjie wat hul bestaan in Parys maak, en dikwels die Suid-Afrikaanse sport in L Pomme D’ eve kom volg. Hulle voer ‘n suksesvolle professionele bestaan in dié stad, maar beoog om na Suid-Afrika terug te keer om hul kinders in hul geboorteland groot te maak. Voorwaar jongmense om op trots Suid-Afrikaans te wees!






Die klub het ‘n aangename ondergrondse atmosfeer en verskaf duidelik ook ander vorme van vermaak. Ons is vroeg en kry voorste sitplekke voor die skerm wat deur  ‘n dataprojektor bedien word. Nog twee Suid-Afrikaanse (maar Engelssprekende) jongmense sluit by eersgenoemde twee aan.


Die plek se atmosfeer groei soos wat nog rugbyliefhebbers (soos wat ek kan aflui, grootliks Springbokondersteuners) aansluit. Langs my neem ‘n Suid-Afrikaner plaas wat alreeds meer as 20 jaar in Parys woon en werk. Hy sal waarskynlik nie terugkeer na Suid-Afrika nie.




Die Afrikaanssprekende kelnerin kom neem bestellings vir drankies. Ek vind dit ironies dat bier en duur hierso rym – dit hoort mos nie so nie!



Die wedstryd is ‘n reuse sukses: beide omrede die uitslag en die heerlike knus atmosfeer. Dit herinner aan ‘n sportwedstryd op televisie in ‘n groot Suid-Afrikaanse sitkamer. Net genoeg uitbundigheid om nie steurend te wees nie. Uiteraard word daar luidkeels gejuig oor al die positiewe spelaspekte deur die Springbokke – en, natuurlik, die uitstekende uitslag!

Parke, tuine en markte

 

‘n Uitstaande eienskap van Parys is die merkwaardige parke, tuine en opelug-markte. Dit is nou bo-en-behalwe die werklik groot woude, soos Bois Vincennes en Bois de Boulogne, wat reeds genoem is.

Place des Vosges — Wikipédia    

 




Place des Vogses is binne stapafstand van ons blyplek, en skep ‘n lekker atmosfeer vir ‘n laat ontbythappie. Verder is die area omring deur kleiner, maar deftige kunsgallerye – beslis die moeite werd om onderdak op reënerige dae te besoek.



  

Die Tuileries Tuin sorg vir deurgang na die Musee de l' orangerie en op pad kan die herfsomgewing waargeneem en ingeasem word. Tuileries Garden - Wikipedia

  

Die Luxembourg Tuin skep geleentheid vir aktiwiteite en ontspanning. ‘n Heerlike tydverdryf vir kinders (en ouers) is die stokstuur van ‘n bootjie op die groot dam in die middel van die tuin. Kleiner speelparke asook tennisbane word in dié area aangetref.



Jardin du Luxembourg | Jardin du Luxembourg


Dit tref in watter mate die plantegroei aangepas is om die naderende winter te trotseer – heelwat blommeprag is steeds teenwoordig.









En dan, onverwags, 'n tuin wat teen die bekende agtergrond 'n berfaamde digter en toneelskrywer oproep.

 Federico Garcia Lorca | Biography, Poems, Death, & Facts | Britannica



Nie 'n park groot nie, maar groots in terme van die oproep van die Spaanse literatuur.



Ballad of the Spanish Civil Guard

Black are the horses,
the horseshoes are black.
Glistening on their capes
are stains of ink and of wax.
Their skulls—and this is why
they do not cry—are cast in lead.
They ride the roads
with souls of patent leather.



Wie dan groter as dié staatsman?  In die park geleë aan Les Halles.

Les Halles - Wikipedia 








Marché Bastille (The Best Food Market in Paris) | Baker Street Society









Bastillemark is ‘n treffer vir diegene wat varsprodukte van enige aard asook verwerkte voedsel en allerlei huisware wil uitsnuffel. Nie noodwendig goedkoper as in die supermarkte nie, maar beslis vars – en soms skynbaar onlangs afgeslagte produkte!




So-ook lewer die President Wilson-mark ewe interessante huisware en -produkte op. ‘n Uitstappie op ‘n reëndag werd. 

Paris Open Air Market President Wilson Market, Paris Rentals, Paris Sightseeing Ideas

Selfs net die staptog deur bogenoemde areas lewer pragtige selfoonherinneringe – te veel om reg te laat geskied in hierdie inskrywing. Maar beslis onthouwaarde vir later jare se stoepsit!


En dan na een van die grootste vlooi(algehele eufemisme!)markte in Europa - asook dié grootste antieke ware-mark in Europa : Les Puces de Saint-Ouen.

'n Belewenis van soms keurig uitgestalde ware vermeng en aangevul met bekende alles-en-nog-wat stalletjies.













The Flea markets of Paris Saint-Ouen - Practical information - Map - History