Dis heerlike sonskynweer, herfs in Parys en net die regte dag om die stad rustig met die fiets te verken. Verkeerde aanname! Niks is rustig nie: die stad lewe. Daar is 'n georganiseerde padwedloop deur die stad (Paris 20km) en verskeie padversperrings gooi jou van koers af. Verder lyk dit na 'n buitelewe-ontploffing met 'n miernes van drawwers, stappers, fietsryers en slenteraars wat die paaie en sypaadjies onmoontlik maak om vinnig te beweeg.
My mikpunt is om die Eiffeltoring aan te doen op pad na Bois de Bologne - om daar moontlik die rustige natuur te beleef. Ek word van koers gedwing, deur beamptes weggewys uit die Tuileries tuin - en bereik die Eiffel met heelwat meer staptrëe as waarop ek gereken het!
Trappe uit teen die Trocadero en dan met behulp van Osmand ('n wonderlike vanlyn-toepassing) deur onbekende strate na bois de Boulogne. In die een hoek van dié woud geland, tref die golf hardlopers weer eens - baie logies, want die omgewing en terrein daar is ideaal vir 'n padwedloop.
Weer tol en draai Osmand om my darem op 'n spoor te plaas.
Trocadero: how to visit and discover the secrets of this district of Paris - Tout-Paris.org
Herfsbome in bois de Boulogne.
Le bois de Boulogne, poumon vert de l’ouest parisien • Paris Je t'aime - Office de Tourisme
Sommige van die paaie in die woud is ook afgesper, en ek ry die peloton drawwers weer raak.
Die terugrit vind plaas via Avenue Foch en die Champs-Élysées.
Champs-Élysées - The Most Beautiful and Famous Avenue in Paris
No comments:
Post a Comment