Wednesday, November 19, 2025

Twee (?) wiele

Twee wiele – of meer.
Parys is bekend daarvoor dat daar in die laaste jare baie gedoen is om die stad fietsryvriendelik te maak. Daar is ‘n uitgebreide netwerk van paaie geskep wat dit moontlik maak vir inwoners en toeriste om redelik maklik oor die stad heen te beweeg.

Paris is increasingly becoming a cycling-friendly city with a comprehensive cycling plan aimed at transforming the urban landscape.

The 2021-2026 cycling plan aims to create over 1000 km of cycling lanes, enhancing the cycling ecosystem and infrastructure.

Paris has been recognised as the most cycling friendly city in Europe, with a score of 80.1 in a ranking of European cities for cycling compatibility.

The city has doubled the use of bicycles in recent years, with a 11.2% of trips now made by bike in the city.

The Bike Plan includes plans for nearly 400 km of two-way bike paths by 2025, making Paris 100% bike-friendly by 2026.

The city also offers a public bike-sharing service, Vélib ’Métropole, with over 1500 stations and around 20000 bikes available for rent.

These initiatives reflects Paris’s commitment to promoting cycling as a sustainable and efficient mode of transportation.


Dit nou die agtergrond waarteen fietse in Parys beweeg. Die uitgebreide storie rondom bogenoemde behels egter die verskeidenheid “fietse” waarmee mense hul weg vind in die stad.

Dit raak toenemend moeilik om ‘n onderskeid te tref tussen volledig elektries-aangedrewe modelle (eintlik mini-motorfietse), hibriede weergawes van fietse wat ondersteuning aan die ryer bied, asook die “natuurlike of gewone” fietse wat alombekend is.

 



 



 



 




Verder word dié vorm van vervoer ruim gebruik vir aflewering, gesinsvervoer en verskeie ander noodsaaklike daaglikse roetines.


 



 



 



 




Die fietsrybane is nie oral ewe breed nie en dit kos kophou (aan die regterkant!) in die spitsoggendverkeer.

 



 



 



 




Die ontvlugting na Bois Boulogne of Bois Vincennes skep geleentheid om in veiligheid die pragtige natuur te waardeer. Daar is ook geleentheid om in criterium-formaat rondtes saam met ander fietsryers as oefening te jaag! 

 



 




Garmin is darem ook daar om koers te help bepaal - en die roete te bewaar!

 



 



 




 




In die stad (ook in kleiner aangrensende dorpe) is die interessante verskynsel van ‘n werkstasie opgemerk, kompleet met die nodige werktuie en pompfasiliteit vir ‘n noodgeval.

 



 







Kuns word ook by fietsry betrek (of eerder: fietsry by kuns) en in heelwat gallerye of winkelvensters word uitstallings wat verband hou met fietsry aangetref.






 



 





No comments:

Post a Comment